Abraham

Abraham
Abraham offer sy seun Isak
Gebore
Ur van die Galdeërs
Sterf
NasionaliteitIsraeliet
EggenootSara
Hagar (konkubine)
Ketúra
KindersIsmael, Isak, Simran, Joksan, Medan, Midian, Jisbak, Suag
Ouer(s)Tera
Abraham

Abraham met die Engele, skildery deur Aert de Gelder (ca. 1680–85)
Eerste Patriarg
Vereer in Judaïsme, Christendom, Islam, Baha’i-geloof
Feesdag 9 Oktober – Rooms-Katolieke Kerk

Abraham (Hebreeus: ‏אַבְרָהָם, Awraham; Arabies: إبرَاهِيم, Ibrahim) is 'n man wat in die Tanag van die Jode, in die Bybel van die Christene en in die Koran van die Moslems voorkom. In al die boeke word hy as die stamvader van die volk Israel, Arabiere en Christene gesien. Daarom word die Jodedom, die Christendom en die Islam ook Abrahamitiese gelowe genoem.

Abraham en sy vrou Sara was die ouers van Isak. Hy het ook 'n seun genaamd Ismael by Hagar, Sara se slawin, gehad, asook ander kinders by Ketura, met wie hy na Sara se dood getroud was. Hy is ook die oupa van Jakob en Esau.

Abraham het sy kinderjare in die stad Ur van die Galdeërs deurgebring.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search